Ouers, Voogde en Leerders
Die Hoof en Personeel heet jul hartlik welkom by Laerskool Eloff!
Ons skool is gestig in 1940 en is hierdie jaar 83 jaar oud. Tussen hier en die hemel lê 'n
lang reis vol genade. Dit is gewis 'n nuwe era wat vir ons aangebreek het in 2020.
By Laerskool Eloff streef die gemotiveerde personeel heeltyd daarna om elke kind se belange te
bevorder. Al die kinders word aangemoedig en ondersteun om hul volle potensiaal te bereik.
Dit is belangrik dat kinders nie net akademies vorder nie en daarom bied ons skool baie
aktiwiteite aan. Deur sport en kultuur word ons kinders se horisonne verbreed. Ons moedig altyd
massa-deelname aan om soveel moontlik kinders te betrek.
Die Afrikaanse-plattelandse atmosfeer skep 'n skoolmilieu waar kinders sorgeloos kan lag,
speel, ontwikkel en leer.
By Laerskool Eloff volg ons 'n oopdeur-beleid en daarom verwelkom ons u positiewe insette.
Ek sluit af met 'n Loffie-lied in my hart:
Eloff is 'n skool van kleure en klank,
Dit is 'n skool van oorvloed en dank!
Dit is 'n skool wat altyd hoër sal strewe!
Louise van Niekerk | HOOF