Laerskool Eloff bied met trots ons eie Afrikaanse plattelandse kleuterskool. In die kleuterskool verwelkom ons graag Gr. R'e met 'n vriendelike glimlag en baie liefde! Hier word ons 'n familie. Dit is hier waar die fondasie van 'n ware Loffie gelê word!
Ons leer deur speel in 'n veilige omgewing waar nuuskierigheid elke dag gevoed word.
Gereedmaak vir die groot skool met pret, ritme, stories en doelgerigte ontwikkeling.
Ons help elke kleuter om selfvertroue, vaardighede en hul unieke potensiaal te laat groei.